Ons het privaat kampeerplekke met slaapplek vir 8 – 12 mense. Elke kampplek is toegerus met warm water, privaat ablusies en opwas area. Kampplekke is ideaal geleë tussen syringabome met ‘n gedeelde bospoel tussen hulle. Elke staanplek het ‘n pragtige braai-area met rooster en gratis hout. Ons kampeerplekke is “off-grid” en het lopende water.
Die Kraal- of Boskamp het 2 houthutte met slaapplek vir 2 mense elk. Met eie-badkamers en ‘n privaat dek is dit die perfekte plek om die volle bos-ervaring te kry. Ons boskamp bied genoeg spasie vir familie en vriende om binne kamp op te slaan, met ‘n gemeenskaplike kombuis area, braai-area, vermaaklikheids lapa, Bush Jacuzzi en gemeenskaplike badkamer. Ons bied graag jou privaat funksie ook hier aan. Hierdie kamp word eksklusief bespreek vir jou gebruik wanneer jy ‘n houthuisie van minimum 2 nagte se verblyf bespreek.