Harmonie C28 Selfsorg en Kampplek

Beskrywing

Harmonie C28 is op die C28-pad, 90km vanaf Windhoek en 240km vanaf Swakopmund.

Ons bied volledig toegeruste selfsorg-chalets met asemrowende uitsigte en privaatheid. Die chalets kyk uit oor die vallei, wat jou ‘n 360°/onbeperkte-uitsig oor die natuurlike omgewing gee.
Ons kampeerplekke bied privaat badkamers met skadu, 220v krag, ligte, braai en warm water van tradisionele donkiewaterverhittingstelsels. Die kampeerplekke is 70 tot 150 m uitmekaar gespasieer om ‘n privaat verblyf in die natuur te verseker.

Hou jouself en kinders besig in die gemeenskaplike swembad, voetslaan, voëlkyk, speelpark, selfry-4×4-roetes, begeleide ritte, uitkykpunte en lieflike natuurlike omgewing.
Die C28-pad bied ‘n diverse landskap van Windhoek, Boshuapas, Namibwoestyn tot by die kuslyn. Voeg hierby ‘n kronkel roete deur die Khomas Hochland, ryk aan geskiedenis sowel as voël-, diere- en plantlewe.

Harmonie C28 is maklik bereikbaar vanaf die lughawe, met n 3 ure rit, wat eerste en laaste nag verblyf gewild maak. Vanaf Harmonie C28 kry jy verbindingsroetes na die suide, weste en noorde van die land.

Harmonie C28 sal verseker waarde toevoeg tot jou Namibiese ervaring.

Kamp 1 vir groepe tot 10.
Kampplekke met badkamer, kombuisarea, plonspoel en mini-speelgrond.
Baie privaat, weg van ander verblyf.
Dit word sterk aanbeveel vir familie-/vriendebyeenkomste en klein funksies.
Kamp 1 N$ 1200 vir eerste 5 persone, plus N$ 200 pppn vir meer persone
Kinders 10 jaar en jonger is gratis.
Onthou ons verskaf daagliks 1kg ys (per betaalde persoon) en 10kg braaihout.
Jy kan meer hout en ys by ontvangs koop.

Kamp 2 tot 5
N$220 per persoon per nag
Kinders onder 10 jaar gratis
Onthou ons verskaf daagliks 1kg ys (per betaalde persoon) en 10kg braaihout.
Jy kan meer hout en ys by ontvangs koop.

Selfsorg Eenhede
4 Chalets met lugversorging
1 Plaashuis woonstel
Chalet 1: 2 enkelbeddens of konings groote dubbelbed
Chalet 2: Gesinseenheid, 1 dubbelbed, 2 stapelbeddens
Chalet 3: 2 x 3/4 beddens, slaapbank
Chalet 4: Dubbelbed
Woonstel by plaashuis: 2 enkelbeddens

Besonderhede

Fasiliteite

Braai fasiliteite Donkie vir stook van water Eie braai Opwasbak met toonbank vir skottelgoed Privaat ablusiegeriewe Staanplekke met 220v-hoofskakel

Akkommodasie

Chalets Karavaan staanplek Tent staanplek

Aktiwiteite

4×4 Roetes Self ry safaris Speelplek vir kinders Staproetes Swembad Voëlskyk Wildkyk

Omgewing

Berge Bosveld

Terme & Reëls

Bring ‘n warmding Bring insekweerder saam Geen harde musiek toegelaat nie Hout beskikbaar om te koop Kraanwater geskik vir drink, selfs somersaande is koel Ys beskikbaar om te koop
Met goedkeuring
EFT om bespreking te bevestig, Kontant by ontvangs, Geen kaart fasiliteite beskikbaar
Geen terugbetaling vir kansellering 3 dae voor bespreking
Versoek Meer Inligting

Lede van Maroelas.com het toegang tot 5 dae weervoorspelling. Registreer vandag nog!

loader-image
Area Weather
4:34 am, Feb 13, 2025
weather icon overcast clouds
L: 19° H: 19°
Humidity Humidity: 85 %
Pressure Pressure: 1011 hPa
Wind Wind: 20 Km/h S
Wind Gust Wind Gust: 0 Km/h
Clouds Clouds: 97%
Air Quality Air Quality: Good
Sunrise Sunrise: 6:39 am
Sunset Sunset: 7:32 pm
Daily ForecastHourly Forecast
0/5

Geen Resensies

Ontspanning
0/5
Sekuriteit
0/5
Waarde vir geld
0/5
Netheid
0/5
Staanplek
0/5
Ablusie
0/5
Teken in
Stel in kennis van
0 Kommentaar
Inlyn terugvoer
Bekyk alle opmerkings
Send this to a friend