Ons eksklusiewe Victoriabaai Karavaanpark is in die hartjie van Victoriabaai geleë, 10 km buite George in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Ons spog met twee (2) kampeerplekke, waarvan een privaat ablusiegeriewe het (Western Terrace) en ander gedeelde ablusies (Railway Terrace). Ons het 30 elektrisiteit staanplekke beskikbaar. Pragtige, asemrowende uitsigte oor die see.
Naburige strande, soos Kaaimans of Linkiesklip, is 4 km ver en almal het ‘n unieke aantrekkingskrag na hulle wat jou en jou gesin aktief besig sal hou. Moenie vergeet om die verskeidenheid restaurante in die omgewing te besoek vir unieke kulinêre ervarings nie.
Op die Western Terrace (die terras bokant die huise in Victoriabaai) is daar 20 staanplekke. Dertien (13) hiervan het privaat ablusiegeriewe reg langs die staanplekke, terwyl die ander hul eie toilette en gedeelde wasruimtes het. Die Spoorwegterras het gemeenskaplike ablusiegeriewe wat te alle tye skoon en netjies gehou word.