Goeie, skoon ablusiegeriewe, swembad en speelparkgeriewe maak dit vir die vissers moontlik om die hele gesin saam te bring, hetsy vir die dag of ‘n kampeeruitstappie. Fietsry en klein honde is welkom.
‘n 3 km lange grondpad neem jou vanaf die R716 na die kampeerterrein. Dagbesoekers word toegelaat en is welkom. Doen asseblief navraag oor beskikbaarheid, kampeerders kry voorkeur.
Staanplekke 1-28 met elektrisiteit, kraan en braaiplek, is omhein en snags verlig deur sonligte. Maksimum afstand na ablusiegeriewe, swembad, speelarea en kiosk is ongeveer 100m.
2 Eenhede beskikbaar, elk met:
3 slaapkamers met plafonwaaiers
(toegerus vir 10 persone)
Volle DSTV
Swembad
Geen handdoeke word voorsien nie
Kiosk: Hout, ys, koue drankie, roomys, heerlike NEIL’S HEAT & EAT-pasteie en basiese benodigdhede