Welkom by ons kampplek langs die Bergrivier. Ons is omring deur die pragtige Porseleinberge. Ons doel is om ‘n kampplek op ‘n werkende plaas te voorsien vir mense om die plaaslewe te ervaar. Jy sal wakker word met die geluid van voëls en hoenders. In oestyd sal jy kan sien hoe ons koring produseer en sal jy op ‘n trekker of stroper kan ry. Daar is baie aktiwiteite gedurende die jaar op ons plaas.
Wifi slegs by kothuise beskikbaar
Tariewe vir 2024: R150 per volwassene, R80 per kind
Kragpunte by die badkamers beskikbaar
4 x storte
4 x toilette
3 x wasbakke
1 x kombuis wasbak
”Off the grid” kampeer
R350 per plot