Kampplek geleë langs die oewer van die Benekerivier, Friemersheim, Wes-Kaap.
Ons het 6 kampeerplekke met elektriese punte wat ook aan ‘n omskakelaar gekoppel is – geen beurtkragprobleme nie.
Ablusiegeriewe beskikbaar vir mans en vroue, elke kant het twee privaat storte, twee toilette en twee wasbakke. Daar is twee wasbakke aan die buitekant van die ablusiefasiliteit waar skottelgoed gewas kan word. Warm water is altyd beskikbaar.
Neem asseblief kennis dat die ablusiegeriewe sowat 300 m van die kampplek af is.
Daar is geen selfoonsein by die kampterrein nie, kampeerders is egter welkom om die eienaar se WiFi te gebruik wanneer nodig.
Daar is ‘n kraan op die kampterrein wat munisipale drinkwater voorsien.
Daar is sonkragligte wat die kampeerplekke en pad na die ablusiefasiliteit verlig.
Boma en braaigeriewe is beskikbaar.
Pakkies braaihout kan ook op versoek van die eienaars gekoop word.