Kamp INC.158 het 4 staanplekke met privaat ablusiegeriewe en elke staanplek het sy eie braaiplek, kraan en kragpunt. (Bring ‘n 30 meter kabel om die kragpunt te bereik.)
Al die staanplekke het pragtige uitsigte oor die berg.
Ons het ook staanplekke vir die kampeerders wat nie ablusiegeriewe benodig nie, maar steeds hul eie braaiplekke en krane het.
Die perseel is baie veilig met twee oprithekke en kamerabewaking.
Ons het ‘n Putt-Putt-baan op die perseel wat gratis is vir alle kampeerders. Ons het ook ‘n winkel op die perseel vir al u behoeftes, en binne loopafstand van restaurante, voëlkykplekke, staptogte en bergfietsroetes of net ontspan en herlaai.