De Hoek Berg Oord

Beskrywing

De Hoek Mountain Resort is 35 km vanaf Oudtshoorn geleë en spog met skouspelagtige uitsigte oor die majestueuse Swartberge.

Groot-vlak gras karavaan en kampeerplekke met skoon ablusie blokke bied gaste ‘n gerieflike en skilderagtige omgewing vanwaar hulle die area kan verken. Ons baie goed toegeruste, selfsorg-chalets het ‘n rustieke gevoel oor hulle en is volledig gemeubileer om voorsiening te maak vir tot ses persone. Elke chalet het sy eie braaigeriewe, asook ‘n veilige parkeerplek direk voor dit.

Ons huisves ook groter groepe in ons twee slaapsale, met slaapplek vir tot 72 gaste elk. Spanbou-oefeninge, godsdiensgroepe en troues word dikwels deur ons aangebied.

Ontkoppel van jou gejaagde daaglikse lewe en herlaai in die rustige omgewing wat ons oord bied. Gaan stap, of – vir die meer avontuurlustiges – doen ‘n bietjie rotsklim op ons eiendom. Hierna kan jy afkoel in ons groot swembad. Maak seker om ‘n oog oop te hou vir Swart Arende, wat al voorheen deur natuurentoesiaste by ons Oord opgemerk is.

Die area rondom ons Oord is die moeite werd om te verken. Geniet daguitstappies na die Kangogrotte (5 km weg) – ‘n kulturele en natuurlike landmerk van Suid-Afrika. Jy kan ook ontbyt, middagete en aandete by ‘n nabygeleë restaurant geniet wat ‘n verskeidenheid doendinge vir kinders bied.

Besonderhede

Fasiliteite

Ablusiegeriewe met warm en koue water Braai fasiliteite Konferensie fasiliteite Opwaskamer Rolstoel vriendelik Sekuriteit omhein en/of gepatrolleer Waterpunte naby staanplekke Winkel in oord

Akkommodasie

Chalets Dak-tent voertuie Karavaan staanplek Motorhuis staanplek Tent staanplek Veldvoertuie

Aktiwiteite

Bergfiets roetes Bergklim Fietsry Speelplek vir kinders Staproetes Swembad Voëlskyk

Omgewing

Berge Bosveld Platteland

Terme & Reëls

Bring braai rooster Bring drink water Bring hout Bring ys Geen harde musiek toegelaat nie
Troeteldiervriendelik
Kaart en kontant
‘n 50% deposito is binne 14 dae betaalbaar vir voorafbesprekings. Die balans moet 72 uur voor aankoms by die Oord vereffen word. Wanneer ‘n bespreking minder as 48 uur voor aankoms gemaak word, is die volle bedrag onmiddellik betaalbaar. Indien deposito’s nie betaal word soos gestipuleer nie, sal die bespreking gekanselleer word. ‘n Breekskadedeposito van R300.00 (kontant) is per chalet betaalbaar. R1000,00 (kontant) betaling word vereis vir diegene wat ons konferensiegeriewe gebruik (met aankoms, terugbetaal met vertrek). Terugbetalingsbeginsel van toepassing: Minder as 72 uur: 0 % terugbetaling van die gelde betaal; Minder as 14 dae: 25 % terugbetaling van die gelde wat betaal is; Minder as 1 maand: 50 % terugbetaling van die gelde wat betaal is; Meer as 1 maand: 90% terugbetaling van die gelde wat betaal is. Terugbetalings neem tot 90 dae om gefinaliseer te word. Die kampplektariewe is vir vier (4) mense, met ‘n maksimum van 6 mense per staanplek toegelaat (R100 per persoon addisioneel).
Versoek Meer Inligting

Lede van Maroelas.com het toegang tot 5 dae weervoorspelling. Registreer vandag nog!

loader-image
Area Weather
10:24 pm, Feb 12, 2025
weather icon clear sky
L: 21° H: 21°
Humidity Humidity: 56 %
Pressure Pressure: 1010 hPa
Wind Wind: 20 Km/h S
Wind Gust Wind Gust: 24 Km/h
Clouds Clouds: 0%
Air Quality Air Quality: Good
Sunrise Sunrise: 6:05 am
Sunset Sunset: 7:26 pm
Daily ForecastHourly Forecast
0/5

Geen Resensies

Ontspanning
0/5
Sekuriteit
0/5
Waarde vir geld
0/5
Netheid
0/5
Staanplek
0/5
Ablusie
0/5
Teken in
Stel in kennis van
0 Kommentaar
Inlyn terugvoer
Bekyk alle opmerkings
Send this to a friend