Peperboom Kampplek is ‘n funksionele skaap/bok plaas tussen berge noordoos van Cradock. Ons bied 4 staanplekke onder pragtige peperbome, en 2 opgeslane tente. Persone wat hier by Peperboom Kampplek wil boskamp sonder geriewe is ook welkom.
Aanwysings na Peperboom Kampplek
Neem die R390 van Cradock na Hofmeyer – 13km buite Cradock neem Holtshausbaken afdraai en volg ons aanwysings na ontvangs slegs 800m verder.