Westvaal Vakansieoord

Beskrywing

Westvaal Vakansieoord – sentraal geleë tussen Parys (35km), Sasolburg (25km) en Vanderbijlpark (25km), met maklike toegang vanaf die N1 vir moeë oornagreisigers, en ‘n uur se ry vanaf Johannesburg

Kom kamp reg op die skaduryke oewer van die Vaalrivier, of bespreek een van ons lodge tente, kampeer cabins of permanente karavane – dit alles in ‘n familie-vriendelike omgewing, waar kinders nog sorgeloos met hul fietse kan rondry, en die jongspan kan baljaar in ons ouskoolse parkie.

‘n Plaas-atmosfeer in die natuur. Kom beleef die ‘groot daar buite’ met al jou sintuie, met die pragtigste sonsondergange. Asem die mooi, rustige omgewing in en kom kyk watter voëlspesies jy kan raak kuier – en natuurlik is die roep van die visarend altyd erens in die agtergrond. Kom maak kennis met ons plaasdiere – (Westvaal Vakansieoord se donkies is baie lief vir wortels.)

En dan is daar natuurlik iets vir die hengelaars ook! Westvaal Vakansieoord is al vir meer as 50 jaar ‘n uiters gewilde hengeloord, met spesies soos karp, baber, geelvis, bass, en nog vele ander.

Besonderhede

Fasiliteite

Ablusiegeriewe met warm en koue water Gelisensieerde kroeg Konferensie fasiliteite Restaurant / wegneem etes Staanplekke met 220v-hoofskakel Waterpunte naby staanplekke Wi-Fi

Akkommodasie

Karavaan staanplek Motorhuis staanplek Tent staanplek

Aktiwiteite

Gemeenskaplike Lapa Hengel Speelplek vir kinders Swem – Rivier Swembad Voëlskyk

Omgewing

Plaas Rivier

Aanwysings:

Terme & Reëls

Bring drink water Bring hout Bring insekweerder saam Bring ys Drinkwater beskikbaar om te koop
Met goedkeuring
Kaart en kontant
NVT
Versoek Meer Inligting

Lede van Maroelas.com het toegang tot 5 dae weervoorspelling. Registreer vandag nog!

loader-image
Area Weather
8:09 pm, May 23, 2025
weather icon clear sky
L: 12° H: 12°
Humidity: 42 %
Pressure: 1030 hPa
Wind: 9 Km/h SE
Wind Gust: 9 Km/h
Clouds: 0%
Air Quality: Poor
Sunrise: 6:46 am
Sunset: 5:27 pm
Daily Forecast Hourly Forecast
0/5

Geen Resensies

Ontspanning
0/5
Sekuriteit
0/5
Waarde vir geld
0/5
Netheid
0/5
Staanplek
0/5
Ablusie
0/5
Teken in
Stel in kennis van
0 Kommentaar
Inlyn terugvoer
Bekyk alle opmerkings
Maroelas Klub Voordele

Teken in op maroelas en kry onbeperkte toegang sodat jy jou volgende avontuur makliker kan beplan. 

GPS, Google en Waze aanwysings, 3D video kaart oorsig van roete, 5 dae weervoorspelling en vele meer.

Teken in op maroelas

Vir Slegs R99 per jaar sal jy voordele geniet om jou volgende avontuur makliker te beplan.

Gaan na hierdie blad vir meer inligting.